Testimonials

Annelise Erasmus:

22 April 2016

Intiem van ver af.

Annelise

Dis die middel van ‘n gewone weeksoggend. Die kinders is by die skool en ek sit agter my rekenaar en werk. Ek het al vergeet van my en my man se afspraak wanneer die Peachbuzz skielik tussen my bene begin vibreer.  Ek glimlag, stoot my stoel agtertoe en gee myself oor aan die sensasie …

Die Peachbuzz is ‘n seksuele speelding wat bedoel is om paartjies te help om intiem te wees oor ‘n afstand. Terwyl my man in sy kantoor sit, voel ek hoe die krag van die klein vibrator stadig meer word.

Daar is baie afstand-speelgoed op die mark, maar die huidige wisselkoers maak die meeste daarvan  duur. Die Peachbuzz word in Suid-Afrika van mediese kwaliteit silikon vervaardig. Anders as die baie duurder produkte wat speelgoed vir die man sowel as die vrou insluit, is die Peachbuzz spesifiek vir vroue ontwerp. Die Peachbuzz  word binne haar onderklere teenaan die klitoris geposisioneer wat beteken dat dit selfs in “openbare” plekke gebruik kan word soos wanneer julle daardie romantiese ete by kerslig het of wanneer jy die kinders gaan haal of in die ry vir jou motorlisensie staan.

My man het nou na ‘n volgende modus beweeg, want die Peachbuzz begin nou teen my pols. Die program wat die vibrator beheer het vyf modusse waaruit hy kan kies en met vier van die keuses kan hy die krag sowel as die spoed van die vibrasies kies.

Hy draai die krag al hoër wat die vibrasies intenser maak en ek laat my kop agteroor sak.

Dit was maklik om hierdie afspraak van ons te reël. Saam met die Peachbuzz laat jy ‘n toep (app) op jou en jou speelmaat se slimfone af. Ek het die Peachbuzz aangeskakel (hy vibreer drie keer sodat jy kan weet dis aan) en met die toep laat skakel. Toe het ek dit in my broekie ingegly, knus teen my klitoris.

Vir sekuriteitsdoeleindes gee die toep vir jou ‘n kode as jou maat die bestuur van die vibratortjie by jou foon wil oorneem. Vir elke sessie sal jy ‘n nuwe nommer kry.

Die Peachbuzz is nie mooi nie. Sommige vibrators lyk soos iets wat jy op jou kaggel kan uitstal, hierdie ene lyk glad nie seksie nie, maar hy lyk asof hy sal hou en sodra hy teen jou begin bewe gee jy nie meer om oor hoe hy lyk nie. Dan is voel al wat tel – en dit voel lekker.

Die vibrasies is nou onritmies en ek besef my man het nou sy telefoon in sy hand. Een van die modusse laat die “bestuurder” van die speelding toe om die vibrasies te beheer deur sy foon te beweeg. Nou is sy hand amper letterlik in beheer van my genot.

Die Peachbuzz word met ‘n USB kabel deur jou rekenaar gelaai en die battery hou tot 45 minute lank – baie langer as wat ek gaan hou! My heupe beweeg nou saam met die begeerte wat my man van ‘n afstand af in my opwek. Wanneer hy weer die keuse van vibrasie-golwe verander verloor ek beheer.

Die ontwikkelaars van Peachbuzz het baie opwindende planne vir die produk.  Daar is ‘n paar verbeterings waaraan hulle sommer heel eerste aandag moet gee. Op hierdie stadium is die vibrator nie waterdig nie omdat die skakelaar en USB-poort nog oop is. Die toestel kan egter met ‘n klam lappie skoongemaak word. Die vibratortjie kan ook gladder of netjieser afgewerk word. Soos ek reeds genoem het, verdwyn die meeste van hierdie klagtes die oomblik wanneer die Peachbuzz tussen jou bene begin vibreer.

Vanuit die vrou se oogpunt is hierdie ‘n wonderlike speeldingetjie. Vir die man om plesier daaruit te put, sal hy dalk eerder in dieselfde vertrek as sy wil wees sodat hy haar reaksie op sy stimulasie kan sien. Met die foon in sy hand en dus vir alle praktiese doeleindes sy vinger op haar klitoris kan ‘n kreatiewe paartjie seksie avonture hê. Wanneer die “aandraaier” nie by die vrou is nie, mag dit vir hom vervelig raak as hy nie op een of ander manier haar reaksie kan sien nie. Maar ook hiervoor is oplossings, soos Skype.

Teen R1 100 is die Peachbuzz goedkoper as die meeste soortgelyke afstand-speelgoed. Besoek gerus die website vir nog baie meer spesifikasies en inligting daaroor. Dit kan ook daar aangekoop word.

Wat maak ‘n vibrator ‘n vibrator? Is dit sy kleur of hoe goed hy afgewerk is of die feit dat hy vir jou ‘n orgasme kan gee? Hierdie is ‘n splinternuwe produk en onvolmaakthede sal vinnig uitgestryk word. Maar dit doen wat dit moet doen. Dit gee orgasmes. En miskien gaan ek more, terwyl ek in die kar vir die kinders sit en wag, sommer vir myself een gee.  

 * Annelise is die skrywer van drie erotiese storieboeke en die skepper en eienaar van //www.kombiekiehier.co.za.  





Submit your testimonial


Your Testimonial: *

Your name:

Your email address:
Back Back to top